Esperanto-vereniging van Suider-Afrika

Waarde van Esperanto vir RSA

Internasionaal

Baie mense sal dink dat daar reeds meer tale in Suid Afrika is aswat ons kan hanteer (daar is elf amptelike tale!). En baie mense sal ook dink, op die een of ander manier, dat ons goed doen om Engels as 'n werkstaal te gebruik, want dit maak deure vir ons oop op internasionale vlak. 'n Paar mense sal nie saamstem nie, en dit is hulle reg. Wat ons nie altyd besef nie, is dat die węreld buite Suid-Afrika groter is as net die Engelssprekende lande (net 7% van die węreldbevolking se huistaal is Engels). En dit is net sestig jaar of wat gelede wat almal gedink het dat Frans die internasionale taal sou wees.

Kultuur

Seker, vandag is daar groot druk om Engels te leer. En vir die individu wat dit leer is daar groot waarde daarin. Maar die nasionale tale (soos Engels) is nie maklik om te leer nie, en dus kan hulle ook nie die deure open na al die mense en kulture van ons wêreld nie. Esperanto-sprekendes, en diegene wat die idee ondersteun, het reeds vir meer as 'n honderd jaar gedemonstreer hoe dié internasionale taal grense (van lande, tale en kulture) kan oorsteek. Vandag is daar 'n aktiewe gemeenskap van sprekers reg oor die węreld, wat wag vir Suid-Afrikaners om deel te hę van hul kultuur. Suid-Afrikaners wat geïnteresseerd is in die wêreld buite ons grense, teenoor dié wat ons van Hollywood en die TV-nuus af ken, sal dit van groot waarde vind om Esperanto te leer en dit aan te wend.

Transformasie

'n Laaste woord, oor 'n beleid wat ons goed ken in Suid-Afrika -"regstellende aksie": Histories was die meeste van die Esperanto-sprekers in Suid-Afrika uit die bemiddelde, blanke gemeenskappe. In die onderleggende sin en idealisme van Esperanto is dit die doel van EASA om hierdie situasie reg te sit. [Dit is miskien interessant dat Esperanto in Suid-Afrika (alhoewel op 'n heelwat kleiner skaal) dieselfde transformasie sal deurloop as Afrikaans.] Die Vereniging sal dus enige navrae om hulp of ondersteuning met die leer of aanwending van Esperanto in dié samehang positief oorweeg.

 

Esperanto in Suider-Afrika

Die volgende Esperantogroepe ontmoet is aktief in Suidelike Afrika, en ontmoet op 'n gereelde grondslag. Kontak gerus jou naaste Klub of Vereniging vir meer besonderhede.
Republiek van Suid-Afrika

Johannesburg
  Kontak: Julian Cloete (jcloete@icon.co.za)
Soweto
  Kontak: Clement Mokoene (p/a Julian Cloete, jcloete@icon.co.za)
Pretoria
  Kontak: Axel von Blottnitz (vonblottnitz@icon.co.za)
Cape Town
   Kontak: Magali von Blottnitz (hvb@mweb.co.za)
Durban
  Kontak: Johan Kohler (kohlerj@webmail.co.za)
Zimbabwe
Harare
  Kontak: Amikeca Esperanto-Klubo de Hararo (amklub_hararo@yahoo.com)

 

 

 

 

 

 

 


Die beton-oerwoud van Johannesburg
Die beton-oerwoud van Johannesburg

Pretoria en haar bekende Jakarandas
Pretoria en haar bekende Jakarandas

Kaapstad en Tafelberg
Kaapstad en Tafelberg

Hotelle op Durban se Goue Myl
Hotelle op Durban se Goue Myl

Middestad van Harare
Middestad van Harare