
Buiten die feit dat Esperanto nie aan 'n spesifieke etniese groep behoort nie, verskil dit van ander tale:
Verder is dit uitdrukkingsvol, aangenaam vir die oor, en het die aanpasbaarheid om aan die moderne wêreld se vereistes te voldoen.
Die eerste publikasie in Esperanto was in 1887 toe Dr. L. Zamenhof dit as 'n taal aan die wêreld bekendgemaak het. Sy idee was dat 'n algemene tweede taal betrekkinge tussen etniese groepe en nasies sal bevorder.
Nadat dit in die vroeë 20ste eeu hoofsaaklik in Europa versprei het, het die taal aansienlike ontwikkel in China, Brasilië, Iran ens. In 1990 is die aantal sprekers wwêreldwyd op meer as 2 miljoen(1) in meer as 100 lande geskat.
(1)Bron: World Almanac and Book of Facts, 1990, New York
In Afrika is Esperanto ook besig om te versprei, met verenigings in dertien lande(2), vier Afrika kongresse sedert 1990, 'n groot verskeidenheid vertaalde en oorspronklike Afrika literatuur, en 'n aantal internasionale ontwikkelings/hulp inisiatiewe.
As 'n neutrale, nie-koloniale taal, is Esperanto duidelik 'n meer aanvaarbare basis vir inter-etniese kommunikasie as die tale wat huidiglik as "lingua franca" gebruik word.
Dit is ook 'n middel om Afrika met die res van die wêreld te koppel en vir almal om van internasionale solidariteit voordeel te trek.
(2)Algerië, Benin, Kameroen, DRK, Egipte, Ghana, Ivoorkus, Madagaskar, Suid-Afrika, Tanzanië, Togoland, Tunisië, Zimbabwe
Deur Esperanto:
Esperanto gee jou:
Bernard Londoni Runyerera sê:
Esperanto, as 'n neutrala taal, is 'n taal van respek en solidariteit. Esperanto-sprekers van verskeie lande het my al dikwels deur moeilike tye gehelp.
Daar is baie voorbeelde van inisiatiewe wat finansiële en morele hulp ontvang, bv. 'n sonkragprojek in Tanzanië, 'n skool in Madagaskar, en 'n vlugteling-ondersteuningsorganisasie in Durban.
Esperanto: